Versekering

 

Avontuur


Ian du Plessis

Hoofweg
Avontuur
6490

T 044-752 3004
F 044-752 3272
E ian.duplessis@ssk.co.za

Mosselbaai


Vacant

Industrieweg
Mosselbaai
6500

T 044-601 1200
F 044-695 1746
E

Riversdal


Jacques de Beer

Ladysmithweg
Riversdal
6670

T 028-713 3516
F 028-713 3303
E jacques.debeer@ssk.co.za

 

Oorsig

SSK versekering is gerieflik geleë binne die bedieningsgebied van SSK en die versekerings kantore te Swellendam, Heidelberg, Riversdal, Mosselbaai, Avontuur en bied maklike toegang aan kliënte. SSK streef daarna om bekostigbare versekering oplossings te bied aan sy kliënte, beide persoonlik en kommersieel, sonder om doeltreffende dienslewering te beïnvloed. SSK se kommersiële kliënte strek oor 'n wye verskeidenheid van nywerhede met die meerderheid van kliënte wat deel vorm van die landbou-waardeketting. SSK voorsien versekering dienste aan sy lede en die algemene publiek sedert die 1950's en is trots op die vlak van diens. Vriendelike en ervare personeel is altyd gereed om u van hulp te wees.

Gekwalifiseerde Personeel

Alle versekerings makelaars voldoen aan die bevoegdheidsvereistes soos voorgeskryf deur die Raad op Finansiële Dienste (RFD) en elkeen beskik oor hul Verteenwoordigende Sertifikaat (RE5).  James Ackhurst, Yolanda Barnard, Celia le Roux, Jacques de Beer, en Abrie Jooste het ook hul Sleutelpersoon Sertifikaat (RE1) eksamens suksesvol voltooi en tans is James Ackhurst  SSK Versekering se geregistreerde sleutelpersoon.

Korttermyn Dekking

SSK Versekering bemark die produkte van erkende Versekeraars in SA en het tans ooreenkomste met onder andere Old Mutual Insure, Santam, Auto & General, Hollard, Landmark, Merx Kommersiële Onderskrywers, Palladin, Thatch Risk Acceptances, CTC (Commercial & Transport Consultants), AMUA (Associated Marine Underwriting Agency), Genlib, Mirabilis, Camargue, SHA Specialist Underwriters, BnBsure, CTU (Clarendon Transport Underwriters), Western Insurance, KEU Underwriting Managers, King Price Insurance en Zurich.  SSK besit nie enige aandele of beskik oor 'n finansiële belang in enige van die bogenoemde produk verskaffers nie. Meer as 30% van die afdeling se totale vergoeding, insluitend kommissie oor die laaste 12 maande, is verdien van Mutual & Federal.

Oes Dekking

Vir landbouprodusente bied SSK oesversekeringsprodukte (insluitende Multi Risiko Versekering en Brand Dekking) via Agriseker, Old Mutual Insure en Santam Landbou.

Ander Dienste

Deur ander goedgekeurde makelaars, kan SSK ook die volgende produkte vir u bied: Discovery Mediese Planne (MGB), Lewensversekering (MGB), Groeplewensversekering (Seed Benefit Consulting) en Begrafnisdekking (Metropolitan Life).

Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer

SSK is 'n gemagtigde finansiële diensteverskaffer (RFD lisensie nr 1107) gelisensieer om finansiële raadgewende dienste, asook finansiële intermediêre dienste te verskaf ten opsigte van die volgende produkte: Korttermyn Versekering - Kategorie: Persoonlike lyne en Kommersiële lyne (insluitend landbou lyne).

SSK se RFD-lisensie is op aanvraag beskikbaar en kan besigtig word by enige van die versekerings takke. Alternatiewelik kan dit hier besigtig word: RFD Lisensie (PDF | 195KB)

Nakomingsbeampte

Jaconette de Beer
E jaconette@moonstonecompliance.co.za | W www.moonstone.co.za

Vrywaringsversekering

SSK het Professionele Vrywaringsversekering by AIG South Africa Limited (Polis verwysing SENTR 001/0001).

Klagte Prosedure

Indien dienste nie bevredigend is nie, is 'n klagte proses geïmplementeer wat beskikbaar is by enige van die bogenoemde takke. Alternatiewelik, kan die Klagte Prosedurehandleiding hiernaas  afgelaai word.

Swellendam


Abrie Jooste

1 Koringlandstreet
Swellendam
6740

T 028-514 8784
F 028-514 8903
abrie.jooste@ssk.co.za


Carola Koekemoer

1 Koringlandstreet
Swellendam
6740

T 028-514 8784
F 028-514 8903
E carola.koekemoer@ssk.co.za

Heidelberg


James Ackhurst

Van Riebeeck Str. 42
Heidelberg
6665

T 028-514 8712
F 028-722 2206
E james.ackhurst@ssk.co.za

Besigheidsure
Maandag - Vrydag 07:30 - 17:00

Handige wenke

Wat om te doen na 'n ongeluk

Huis noodwenke

Belangrike dokumente

Konflik van Belange Beleidstuk (PDF | 375Kb)

Risiko Bestuurplan (PDF | 534Kb)

Klagte Prosedurehandleiding (PDF | 104Kb)